-deur AFP

17 Mei 2018

Suid-Afrika het Maandag sy ambassadeur in Israel herroep nadat minstens 52 Palestyne in konflik  met Israeliese magte dood is tydens protesaksie oor die Amerikaanse ambassade se verskuiwing van Tel Aviv na Jerusalem.

“Gegewe die onoordeelkundige en bedenklike aard van die Israelse aanval, het die Suid-Afrikaanse regering besluit om ambassadeur Sisa Ngombane onmiddellik te herroep,” het die ministerie van buitelandse sake in ’n verklaring gesê.

“Die slagoffers het deelgeneem aan ’n vreedsame protes teen die uittartende inhuldiging van die Amerikaanse ambassade in Jerusalem,” het hy gesê en die “gewelddadige aggressie van die Israelse gewapende magte” veroordeel.

Meer as 2 400 Palestyne is gewond en die dooies het agt kinders onder die ouderdom van 16 ingesluit, volgens die Palestynse VN-gesant.

Dit was die bloedigste dag in die Israeli-Palestynse konflik sedert ’n 2014-Gaza-oorlog.

Foto: ’n Man hou ’n Palestynse vlag vas tydens botsings met Israeliese magte naby die grens tussen die Gazastrook en Israel, oos van die stad Gaza op 14 Mei 2018. / AFP FOTO / THOMAS COEX


Bron: www.thesouthafrican.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.