21 September 2018

Die Israelse lugmag het vandeesweek ’n aanval op Iranse teikens in Latakia in Sirië geloods. Toe die Siriese lugafweerstelsels geaktiveer is teen die Israelse F-16’s, is ’n Russiese Ilyushin Il-20-vliegtuig afgeskiet. Die Siriese lugafweermissiel – deel van lugafweerstelsels wat deur Rusland aan Sirië verskaf is – het die vliegtuig oor die Middellandse See afgeskiet en al 15 bemanningslede gedood. Rusland hou Israel nou verantwoordelik vir die voorval.

Die doelwit van die Israelse lugaanval was om ’n fasiliteit van die Siriese regime, wat verbind word met sy chemiese wapenprogram, te vernietig. Die bombardement volg ná ’n lugaanval op ’n wapendepot by die lughawe van Damaskus.

Volgens die Russiese ministerie van verdediging is hy minder as ’n minuut voor die lugaanval in Latakia, deur Israel in kennis gestel van sy voorneme. Dit het nie die Ilyushin-vliegtuig voldoende tyd gegee om die Latakia-lugruim te verlaat nie. Die Russe sê Israel se optrede druis in teen die welwillendheid tussen die twee lande. Die ministerie sê Rusland het die reg om nou “toepaslik te reageer” op die voorval.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.