-deur Cip.nl

18 Junie 2018

Die sokkerwêreldbeker het verlede week in Rusland afgeskop. Pas voor die openingswedstryd het die Russies-Ortodokse Kerk ’n beroep gedoen vir matigheid ten opsigte van alkoholgebruik tydens die Wêreldbekersokkertoernooi, berig Kerknet.

“Kom ons wees nugter sokkeraanhangers  wat saam met hul gesinne gaan fietsry of oefen in die oggend.  Dronkenskap bederf die toernooi,” het ’n priester, Vyatka Andrei Lebedev gesê.

Hierdie oproep is gesteun deur die Russiese afdeling  van die Katolieke hulporganisasie, Caritas, wat onlangs ’n “piekniek sonder alkohol” georganiseer het in Moskou rondom ’n sokkertoernooi vir hawelose mense.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.