-deur Maroela Media

21 April 2017

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis en die Ruiters vir Vrede-groep het vanuit Verkeerdefontein vertrek as deel van die groep se tog te perd na Wilde Als-plaas, noord van Bloemfontein, vir die nasionale biddag.

Maroela Media het vroeër berig die sanger het gesê hy en ʼn groep van sy vriende, wat hulself die Ruiters vir Vrede gedoop het, gaan te perd die pad tussen Verkykerskop en Bloemfontein aandurf om mense aan te moedig om op 22 April Angus Buchan se nasionale ‘It’s Time’-biddag by te woon.

Die groep het op 16 April vertrek en het beplan om teen Donderdag laatmiddag op Bloemfontein aan te kom.

Die groep ruiters is tussen die ouderdomme van sewe en 80 jaar oud. Twee van die sanger se woelwaters maak ook die tog mee. “Wat ʼn ongelooflike ondervinding! Ek is so bevoorreg om dit saam met twee van my seuns te kan doen. Samuel (7) ry soos ʼn kampioen en hou by die groot manne. Luka (2) is ons bystand! Ek mis my ander twee en sien uit om hulle Vrydag in Bloemfontein te sien.

“Die Here kyk mooi na ons en al ons perde, en ons is baie bevoorreg om soveel tyd in die beeldskone natuur te kan bestee. Dankie vir elkeen van julle se aanmoediging en gebede. Sien julle Saterdag!” het Jay laat hoor.


Lees die volledige berig by maroelamedia.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.