RoepTV.com, Suid-Afrika se eerste Christen-leefstyl digitale televisiekanaal in Afrikaans, maak op 1 September 2018 sy buiging!

Met ‘Die Waarheid’ as leuse, beloof dié nuwe opwindende kanaal om bekostigbare programme met vermaak en inligting te verskaf wat familievriendelik en op Christen-waardes geskoei is. Dit sluit in vars, nuwe plaaslik vervaardigde programme, kindervermaak, asook internasionale rolprente.

RoepTV.com gaan toeganklik wees vanaf enige televisiestel of slimtoestel in jou hand, skoot, ore of op die naat van jou rug. Met bekende rolspelers soos Retief Burger, Lindie Strydom, Michael Mol, Nico Pinagio, Gretha Wiid, Regardt van den Berg en Frank Rautenbach beloof hierdie digitale TV-kanaal ‘n diverse programskedule met eenhonderd persent Christelike deursigtigheid en opregtheid as grondslag.

Die eksklusiewe inhoud van RoepTV.com kan op aanvraag enige tyd wanneer jy wil, waar jy wil en vir so lank as wat jy wil gekyk word! Kykers kan onder meer uitsien na ‘n sitkom, televisiereeks, speletjiesprogram, aktuele programme asook ‘n verskeidenheid internasionale films!


Bron: roeptv.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.