3 – 10 SEPTEMBER 2017

IT’S TIME TO ARISE & BUILD TOGETHER!!!

 

JEUG BYEENKOMSTE vanaf Sondag 3 September tot Woensdag 6 September 2017.  Elke aand om 18h30 –  Daar gaan heerlike samesyn wees, snoepie, eetgoed ens.  Om 19h00 gaan Ds. Riekert Botha en Dewald Gouws ons bedien.  GRATIS ALMAL WELKOM – OUD EN JONK!!!

KONTAKPERSOON VIR JEUG:  ELRIKE – 072 1789 442 (EPOS) robertsonjeug@cybersmart.co.za 

 

DAMESOGGEND:             Dinsdagoggend , 5 September 2017 om 10h00 saam met Wanda Bam(Radio-aanbieder en motiveringspreker) Hierdie pragtige oggend gaan aangebied word by WOLFKLOOF WINE ESTATE.  Kontak Elrike betyds vir jou kaartjie asb. Moenie dit misloop nie!

KONTAKPERSOON:  ELRIKA – 072 1789 442 (EPOS) robertsonjeug@cybersmart.co.za, asook

WILMA –  071 309 5371

MANNEOGGEND:            Maandagoggend , 4 September 2017  om 10h00 saam met Shawn Warren (Mighty Men – Kommando) en Dewald Gouws. –Die oggend gaan aangebied word by Wolfkloof Wine Estate.  Kontak asb. Vir Elrike vir jou kaartjie.  Moenie dit misloop nie asb!!

KONTAKPERSOON:         ELRIKA – 072 1789 442 (EPOS) robertsonjeug@cybersmart.co.za, asook WILMA – 071 309 5371

 

MANNE & VROUE IN UNIFORM:  Woensdagoggend, 6 September 2017 om 10h00 by die NGK Roberson-Oos saal.  Die oggend word gelei deur SHAWN WARREN (Mighty Men – Kommando) en John Nelson.  Die oggend is GRATIS en almal is welkom om die oggend by te woon.

KONTAKPERSOON:         Are van Eck – 071 547 4420  (epos) pastoraj@mweb.co.za

                                                LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

Sunetta – 082 9247760 (epos) sunetta95@gmail.com

 

ROBERTSON KORREKTIEWE DIENSTE:  Donderdagoggend, 7 September om 09h00 besoek ons die Korrektiewe Dienste.  Die oggend gaan gelei word deur Zane Meas, John Nelson, Barneace Slabbert & Lizette.  Indien jy wil saamgaan die oggend, IS DIT BAIE BELANGRIK OM JOU NAAM ASB. DEUR TE GEE VIR LIZETTE !

KONTAKPERSOON:         LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

PLAASWERKERSFUNKSIE:            Donderdagaand, 7 September om 19h00 word daar weer n plaaswerkersfunksie GRATIS aangebied by die Robertson NGK-Oos. (in die kerk self)     Daar gaan ook heerlike sop en broodjies wees die aand.  Die aand word gelei deur Zane Meas) en John Nelson

(NS:  Die van u wat asb. bestanddele kan voorsien vir die sop – ons sal dit onsettend waardeer.  Dit kan afgegee word by die NGK Robertson-Oos se kantoor.  Ons benodig ook asb. gesmeerde brood! – Baie baie dankie vir u samewerking!)

KONTAKPERSOON:         Ina Naude by : thornvilla@breede.co.za of 023- 6251 743

 

FUNKSIE VIR HAWELOSES:  Donderdagmiddag, 7 September om 14h00 by die NGK- Robertson-Oos Gemeente se saal. Die middag gaan gelei word deur Shawn Warren, John Nelson, Barneace Slabbert & Lizette

KONTAKPERSOON:         Sunetta – 082 9247760 (epos) sunetta95@gmail.com

                                                LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

OUETEHUISE BESOEKE: Vrydagoggend, 8 September 2017 om 10h00 word n heerlike bederf oggend gehou vir die Bejaardes by die NG Moedergemeente se saal.  Die oggend sal Nedine Blom die bejaardes bedien.   Enige iemand is welkom om ook die oggende by te woon.  Die bejaardes wat bedleênd is sal besoek word deur Barneace Slabbert en Lizette.  Huis Matwa sal besoek en bedien word deur die Jeuggroep gelei deur Rolf.

KONTAKPERSOON:         Breggie – 023-626 4535 en Ansie Joubert

                                                LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

KINDERFEES:     Dit is weer tyd vir Willie & Wenspan om die kinderhartjies baie bly te maak.!!! Vrydagmiddag, 8 September om 16h00 kuier ons saam in die NGK Robertson-Oos saal saam met al die maatjies.  Die middag word GRATIS aangebied!  Bring asb. al julle kinders!!!

KONTAKPERSOON:         ELRIKA – 072 1789 442 (EPOS) robertsonjeug@cybersmart.co.za,

LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

JUBEL & JUIGAAND IN COETZEESTRAAT:  n Heerlike aand van Lofprysing en Aanbidding word aangebied in die AGS se saal te Coetzeestraat in Robertson om 19h00.  Shawn Warren, Willie, John, Barneace, Lizette en die Jeugspan van Rolf sal die aand bedien. 

KONTAKPERSOON:         ELRIKA – 072 1789 442 (EPOS) robertsonjeug@cybersmart.co.za,

LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

JESUS WALK:     Saterdagoggend, 9 September om 09h00 by die SKOUGRONDE!

Hierdie jaar wil ons u as Gemeentes asb uitnooi om hierby betrokke te raak – dit gaan n wonderlike geleentheid wees om die Evangelie te kan versprei!!

NS:  Indien u vlotte wil maak, asb. doen dit gerus – kontak asb. vir Tertius Malan.

NS:  Tertius benodig ook asb. “marshals” vir die oggend – asb. meld by hom aan – so 3 persone uit elke gemeente sal fantasties wees!!  Kontak asb so spoedig moontlik vir Tertius!!!

KONTAKPERSOON:         Tertius Malan – 082 821 4514 (epos) t.malan@telkomsa.net

Wilma Heath – 071 309 5371

 

LOFPRYSINGSAAND:      Saterdagaand, 9 September om 19h00 is daar weer n Lofprysingsaand in die NGK Robertson-Oos (kerk self).  Die aand word GRATIS aangebied!! Kom geniet n heerlike aand van Lofprysing en Aanbidding saam met verskeie kunstenaars, o.a Heinz Winckler, Nedine Blom, John Nelson, Barneace Slabbert en Lizette

KONTAKPERSOON:         LIZETTE – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

GESAMENTLIKE EREDIENS:          Sondagoggend, 10 September om 9h30 word n gesamentlike Erediens aangebied met Dr Isak Burger.  ALMAL is baie welkom – en dit is ons geleentheid ook as gemeentes om heerlik saam te kuier!!!

 

KINDERKERK & KLEUTERKERK:   Sondagoggend, 10 September om 9h30 word n heerlike kinder- en kleuterdiens aangebied in die saal van die NGK Robertson-Oos, met Willie & die Wenspan en Nedine Blom SAAM!.  Bring asb. al u kindertjies saal toe!

KONTAKPERSOON:         Wilma Heath – 071 309 5371

Lizette – 0832993838 (epos) mail@lizette.co.za

 

STALLETJIES:      Deur die loop van die hele fees is STALLETJIES GRATIS beskikbaar!!! Doen so gou as moontlik aansoek om teleurstelling te vermy.

KONTAKPERSOON:         ANDRIES – 082 924 7076 9 (epos) lidmate@ooskerk.co.za

 

 

GEBEDSKAMER:  Gedurende die duur van die hele fees sal daar n Gebedskamer wees wat deur die Touching Hearts span gelei sal word.

KONTAKPERSOON:         ALTA – 073 42500 90

 

Ons is so opgewonde oor hierdie jaar en ons TEMA: It’s Time to Arise & Build TOGETHER! Dit is ons hartsbegeerte dat elkeen n belewenis met God sal beleef om sodoende  ook in ons omgewing en daarbuite n verskil kan maak deur God se hart aan die mense te openbaar!

 

Ons dank die Here vir Sy goedheid en guns!  Baie dankie ook vir u betrokkenheid om n verskil te maak!!!  Baie dankie dat u deel is van hierdie Gemeenskapsfees!!!

 

SAL U ASB. DIE EPOS UITSTUUR NA ANDER GEMEENTES, VRIENDE EN FAMILIE ASB?  – ONS SAL DIT SO BAIE WAARDEER!

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.