-deur Claire Chretien

14 Junie

(San Francisco, CA) – [LifeSiteNews] Die Center For Medical Progress (CMP) poog om die regter te diskwalifiseer wat die beeldmateriaal van ‘n aborsiekonferensie gesensor het omdat hy bande het met die pro-Planned Parenthood-organisasie wat die aborsiemaatskappy toelaat om hulle kliniek op die organisasie se perseel te bedryf.

Toe David Daleiden sy onthulling oor die aborsiebedryf se deelname aan die handel in liggaamsdele bekend gemaak het, het die Nasionale Aborsie Federasie (NAF) hom gedagvaar. Daleiden het geheime opnames van die aborsie-handelskou gemaak. NAF het daarin geslaag om die Amerikaanse distriksregter, William Orrick, te gebruik om ‘n bevel uit te reik wat die vrystelling van hierdie beeldmateriaal verbied.

Verlede maand het Daleiden se prokureurs die beeldmateriaal vrygestel. Van die uitgebreide beeldmateriaal is reeds deur Got News uitgelek, maar die video wat deur die CMP-prokureurs vrygestel is, is verkort en bevat ‘n samestelling van die skokkendste stellings van aborsioniste by die konferensie.

Orrick het toe beveel dat Daleiden en sy prokureurs, Steve Cooley en Brentford J. Ferreira, op 14 Junie in die hof moet verskyn. Hulle kan met minagting van die hof aangekla word omdat hulle die video vrygestel het.

CMP beweer egter dat Orrick van die saak verwyder moet word omdat hy op die direksie van ‘n organisasie gedien het wat ‘n Planned Parenthood-kliniek huisves. CMP se mosie om Orrick uit die saak te verwyder, sê dat Orrick se affiliasie met hierdie organisasie “vooroordeel ten gunste van die eiser” beteken.

Byskrif: (Foto via LifeSiteNews.com)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.