-deur Lourieke Haller
17 April 2018
Die wêreldbekende apologeet, Ravi Zacharias, is vandeesweek in Suid-Afrika. Hy sal op 20 April by Da Truth Live Concert & Open Forum by Hillsong Century City optree asook by die Stellenbosch Uiversiteit op 21 April.
Ravi Zacharias is die stigter en president van Ravi Zacharias international Ministries (RZIM) wat daarna streef om met die geloofwaardigheid van die Evangelie uit te reik na dié wat die kultuur help vorm.
RZIM het 16 kantore wêreldwyd wat ’n apologetika-opleidingsentrum, die Zacharias Instituut en die hoofkantoor in Atlanta insluit. Zacharias het reeds meer as 25 boeke geskryf of geredigeer in die veld van teologie, apologetika, vergelykende godsdiens en filosofie.
Sy optrede is deel van Festival of Thought se program in Kaapstad.
Festival of thought stel vrae oor waarheid en betekenis in die sakewêreld. Vrae oor sinvolle bestaan, moralliteit, integriteit, geloof en kultuur word bespreek. Maak integriteit by die werk saak? Wat is die sin en doel van my beroep? Festival of Thought wy hom aan die antwoorde op sulke vrae. Jou werkplek kan gasheer wees vir wêrelddenkers en -gassprekers van RZIM wat hierdie vrae op maniere aanspreek wat dikwels nuwe insig en perspektief bied vanuit die Christelike wêreldbeskouing. Die vraag- en-antwoord-sessie aan die einde van elke praatjie is altyd ‘n hoogtepunt.
Festival of Thoughts het ontstaan uit ‘n reeks geleenthede wat in 2015 deur die bank- en finansiële instellings in Canary Wharf, Londen, aangebied is. Van die wêreld se grootste banke, professionele raadgewende firmas en globale industriële maatskappye het daaraan deelgeneem. Sedertdien het feeste in verskeie sakesentrums wêreldwyd plaasgevind, met die stede van Johannesburg en Kaapstad wat vanjaar in April 2018 daaraan deelneem. As jy graag ’n fees van denke in jou stad wil sien plaasvind, of as jy meer wil weet oor die moontlikheid dat jou maatskappy so ‘n geleetheid aanbied, klik hier.
Da Truth Live Concert & Open Forum with Ravi Zacharias
Vrydag 20 April 2018
19:00
Hillsong Century City
1 Kinetic Way
Century City
Open Forum with Ravi Zacharias
Saterdag 21 April 2018
19:00
Hoofouditorium , Kruiskerk
Reyneveldstraat 2
Stellenbosch
Bron: festivalofthought.buzz
Home