-deur  Ruth Malhotra /  RZIM

 8 Mei 2018

 Ravi Zacharias, John Lennox, Michael Ramsden en verskeie ander lede van Ravi Zacharias International Ministries (RZIM) se  span het van 13 tot 23 April in Suid-Afrika opgetree by die Festival of Thought.

Die RZIM-span het in samewerking met invloedryke sakemanne, akademici en bedieningsleiers van die streek deelgeneem aan 112 geleenthede in korporatiewe raadsale, op universiteitskampusse en in kerke in Johannesburg, Pretoria, Stellenbosch en Kaapstad.

Deur middel van sake-ontbyte en forums op kampus het elke byeenkoms  belangrike onderwerpe hanteer soos die grondslag van etiek en integriteit, die soeke na geregtigheid, die rol van vroue in die bou van ‘n nasie, en of wetenskap en geloof verenigbaar is.

Vir Zacharias was hoogtepunte ‘n studentuitreikaksie by Hillsong Kerk in Kaapstad in samewerking met Da ‘T.R.U.T.H;  ‘n oop forum saam met Michael Ramsden, wat oor die betekenis en doel van die lewe vir die Universiteit Stellenbosch-gemeenskap gepraat het, asook ‘n oop forum oor die onderwerp van absolute waarheid in Hatfield Christelike Kerk in Pretoria.

“My hart loop oor van dankbaarheid vir die oop deure in Suid-Afrika en ons hoop dat die uitwerking van hierdie vergaderings vir geslagte lank sal voortduur,” het Zacharias gesê. “Ons span het voor vol sale opgetree in verskillende instellings., Die vrae was baie insiggewend – beide van die gelowiges en die skeptici. Ons kon op ‘n hoflike wyse gedagtes wissel en het die vrae van die verstand sowel as die hart geantwoord.”

“Ek is so dankbaar vir die uitwerking wat die Festival of Thought in ons stede gehad het,” het mnr. Mahlatse Mashua, direkteur van RZIM Suid-Afrika, gesê. “Daar was mense wat  vir die eerste keer in hulle lewe op Jesus se uitnodiging gereageer het, mense wat hul lewens weer aan God oorgegee het en mense wat dit nou ernstig oorweeg om Jesus te volg terwyl hulle die verhaal van Christus begin ondersoek. Vestings in mense se denke is afgebreek.  Daar is so baie oop deure in die media, sakewêreld en op kampus; ons het uitnodigings op uitnodigings ontvang. Bid saam met ons vir ’n  blywende uitwerking.”

Die Festival of Thought wat in 2015 in Londen se Canary Wharf-sakegebied gehou is, is ʼn inisiatief van RZIM om alle vlakke van invloedryke mense in die sakewêreld, regering, onderwys en kuns te bereik met antwoorde op die grootste vrae van die lewe met ʼn  Christelike wêreldbeskouing.

“Hierdie week bied mense die geleentheid om belangrike lewensvraagstukke oor oorsprong, betekenis, moraliteit en eindbestemming in ‘n verskeidenheid van kulturele kontekste te ondersoek,” verduidelik Frog Orr-Ewing wat hierdie inisiatief gestig het. “Deur die boodskap te neem na waar dit die meeste nodig is en diegene te bereik wat help om die kultuur te vorm in hierdie sleutelareas, is ons oortuig dat RZIM besig is met dit waarvoor ons geskape is.”

Update From South Africa: Festival Of Thought

My heart is filled with gratitude for the doors God is opening in South Africa and we hope the impact of these meetings will last for generations to come. During Festival of Thought, our team spoke to packed audiences in different settings and the questions were very poignant, both from believers and skeptics. We were able to meet them in a courteous, cordial way and respond to the questions of the mind and the heart. Thank you for standing with us and for your prayers for these events. http://bit.ly/updatesa RZIM South Africa

Posted by Ravi Zacharias on Wednesday, 2 May 2018

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.