14 April 2019

“Is dit aanvaarbaar vir God dat mense transgender is? Sê die Bybel iets daarteen?” Dít is die vraag wat aan Ravi Zacharias en Vince Vitale gestel is toe hulle by die Universiteit van Florida gepraat het.

Vitale het begin deur te sê baie transgendermense voel dat daar ’n gaping is tussen wie hulle nou is en wie hulle veronderstel is om te wees, of hulle “ideale” self. Hy sê dit is nie omdat hulle met die verkeerde geslag gebore is nie, maar eerder omdat hulle as ’n mens in ’n gevalle wêreld gebore is. Hy wys op Christus se doelwit van verlossing vir alle dinge, insluitend ons liggame.

Ravi Zacharias het dit beaam en bygevoeg by Vitale se punt. Eerstens beveel hy ’n boek oor genderdisforie aan en dan ook drie raamwerke om te oorweeg om sulke vrae mee te beantwoord. Zacharias se antwoord het toe  ’n onverwagse wending geneem, aangesien Zacharias sy antwoord op die sensitiewe kwessie van transgendermense vergelyk het met Elia se reaksie op die lot van Naäman.

“Daar is ’n fassinerende gedeelte in die Ou Testament waar Naäman  aan ’n sekere siekte ly en hy Elisa kom sien om hom te help. Elisa bid vir hom en genees hom,” sê Zacharias. “Naäman is geskok dat hierdie profeet van Israel sy hande op hom gelê en hom genees het. Naäman vra ’n verbasende vraag en ontvang ’n antwoord wat ’n mens nog meer verstom.

“Naäman sê: ‘Ek het ‘n vraag vir u: Ek weet wie u God is en ek weet dit is die God wat ek nou aanbid. Wanneer ek teruggaan huis toe en vir my meester werk, neem hy my na die tempel en in daardie tempel leun hy op my en deur die druk wat hy op my arm plaas, vra hy my om saam met hom te kniel. Elisa, wat moet ek doen?'”

Zacharias sê hy het empatie met Naäman omdat dit ’n algemene probleem in sy eie kultuur is.

“Ek het geweet dat daardie vraag baie sensitief is omdat dit in my kultuur ook dikwels gebeur,” sê Zacharias. “Jy word gevra om ’n fees te vier wat strydig is met jou eie geloof en dikwels is dit vriende wat jou nooi: ‘Wil jy saam met my tempel toe gaan en die fees saam met my vier?’ Elisa het geantwoord: ‘Gaan, en God sal by jou wees en sal jou lei.” Elisa speel nie God in Naäman se lewe nie. Ek gee jou dus net een antwoord. Vra asseblief ’n vraag oor jouself – nie wát jy is nie, maar wié jy is. Dit is die eerste vraag: ‘Wie is ek, Here?’ Nie wat is ek nie – maar Wie is ek? Sodra jy jou identiteit in Hom gevind het, sal alle ander identiteite ook vir jou gedefinieer word. Hy sal vir jou sê wie jy is. Ek sal net sê: stel jou vrae aan God terwyl jy Sy Woord lees, en Hy sal jou lei. Ek sal nie God in jou lewe speel nie. Jy kan op Hom steun. Hy sal jou lei. ”


Artikelbron: charismanews.com

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.