-deur Gateway News

13 Augustus 2018

Die ANC se president en adjunkpresident van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa is aangemoedig om nie die onlangse ANC-beleidskonferensie se resolusie te implementeer en die groen lig vir die afgradering van die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel te gee nie. Dit sou diegene wat Israel haat toelaat om die ANC te gebruik om die indruk te skep dat Suid-Afrikaners Israel haat.

Die beroep is in ‘n ope brief aan Ramaphosa gedoen. Die president van die ACDP, mnr. Kenneth Meshoe, sê die afgradering van die ambassade sal Suid-Afrika – veral die armste van die armes – verhoed om voordeel te trek uit die nuutste tegnologie uit Israel en sal verhoed dat Suid-Afrika ’n beduidende rol as bemiddelaar tussen Israel en die Palestyne kan speel. Dit sal ook ʼn negatiewe uitwerking op honderdduisende Suid-Afrikaanse Christene hê wat die Heilige Land wil besoek.

Hy het Ramaphosa gevra of die ANC Hamas en die PLO se agenda ondersteun wat mense aanhits om die Joodse nasie te haat en “eendag alle Jode en Israeliese mense die see in te jaag”. In nog belangrike vrae wil hy weet of die ANC besluite oor onderdrukkende Afrika-regimes geneem het, of dit Suid-Soedan met sy massiewe hongersnoodkrisis gaan help, of hoe om die berugte Arabiese slawehandel te stuit wat vir dekades reeds swart mans van hulle menswaardigheid ontneem en die vroue van Afrika verkrag.”

“Hoekom word Israel uitgesonder vir optrede terwyl daar soveel ander ernstige menseregteskendings op die vasteland van Afrika plaasvind?” het hy gevra.

Byskrif: Ds. Kenneth Meshoe (FOTO: United with Israel)

Vir die volledige brief klik hier: gatewaynews.co.za


 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.