12 Maart 2018
– deur CBN Nuus

Veroorsaak gewelddadige videospeletjies en mediabeelde dat kinders  gewelddadig raak? Dit is ‘n debat wat in die nasleep van verlede maand se Florida-skietery gevoer is en is ook verlede Donderdag in die Wit Huis bespreek is.

Pres. Trump het op videospeletjies gefokus, aangesien hy op soek is na ʼn oplossings vir wapengeweld ná die moord by Marjory Stoneman Douglas Hoërskool in Parkland, Florida. Hy het sy kommer uitgespreek oor gewelddadige media wat uiters maklik toeganklik is vir kinders, insluitend sy eie  12-jarige seun, Barron.

Die president se standpunt word skerp uitgedaag deur die videospeletiebedryf, wie se leiers Donderdag tesame met een van die bedryf se grootste kritici, die Parent Television Council (PTC), by die Wit Huis vergader het. 

Die bedryf beweer dat dekades van navorsing nie daarin geslaag het om ‘n direkte verband tussen wapengeweld in die werklike lewe, en geweld in videospeletjies, op  televisie en in rolprente  te vind nie.

Maar groepe wat voorstanders is vir meer ouerlike beheer, het gesê navorsing toon ‘n duidelike verband tussen gewelddadige media en langtermynskade aan ‘n kind.

“Wat ek in vandag se vergadering gehoor het, is dat die vermaaklikheidsbedryf steeds veg om die status quo te handhaaf en nie gereed of bereid is om die impak van mediageweld op ons kinders te konfronteer nie. Maar die tyd het aangebreek  vir die vermaaklikheidsbedryf om ‘n einde te maak aan die grafiese en eksplisiete inhoud wat hulle aan ons kinders bemark,” het die PTC-programdirekteur, Melissa Henson, aan verslaggewers gesê .

PTC-president Tim Winter het aan CBN News gesê dat gewelddadige videospeletjies die kinders “minder sensitief maak vir geweld in die werklike lewe, dat dit hulle aanmoedig om geskille met geweld op te los en ‘n gevoel van vrees vir hul omgewing in hulle aanwakker – dat dit gevaarliker is as wat dit werklik is. ”

Winter het ook aan CBN News gesê, gegewe die biljoene wat adverteerders elke jaar bestee om gedrag te verander, vind hy dit belaglik om te glo dat die verbruik van gewelddadige media nie kinders se gedrag beïnvloed nie. 

Die Entertainment Software Association het ‘n verklaring voor die vergadering van die Wit Huis uitgereik waarin dit sê dat navorsingstudies “geen verband tussen speletjies en werklike geweld gevind het nie”.

Hoewel Donderdag se vergadering nie met ‘n finale oplossing geëindig het nie, het Winter gesê president Trump het aandagtig  geluister na almal se perspektiewe.

“Ons hoop dat dit net die eerste stap is tot sinvolle hervorming en betekenisvolle oplossings vir  geweergeweld,” het hy gesê.

(Skermskoot via CBN News)

Article source: www.breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.