-deur Caitlin Burke| CBN News

5 Oktober 2017

President Trump het onlangs ‘n paar doelwitte vir sy presidentskap met evangeliese leiers gedeel en dit weerspieël  ʼn duidelike Christelike invloed in die Wit Huis.

“Teen die tyd dat hy die amp verlaat, wil hy onthou word as die president wat voortdurend gebid het,” het Mary Colbert, die outeur van profetiese boeke op die program, It’s Supernatural, gesê.

“Ek kan jou verseker Donald Trump is nie meer dieselfde man waarvan jy oor sy verlede gehoor het nie. Hy het ‘n radikale verandering gehad. Sy siening en ingesteldheid teenoor die dinge van God en Christene het radikaal verander; hy omring homself met mense wat bid en hy is besig om daardie groep van raadgewers uit te brei,” het Colbert gesê.

Mary Colbert en haar man, Don, het al verskeie evangeliese vergaderings met die president bygewoon.

Daar is onlangs ʼn foto uitgereik waar evangeliese leiers in die presidensiële kantoor vir Trump bid.

Byskrif: Christelike leiers bid vir president Trump / via CBN Nuus)


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.