13 September 2017
-deur Rik Bokelman | Cip.nl

President Donald Trump en lede van sy kabinet het verlede naweek by Camp David onder leiding van vise-president Mike Pence saam gebid. Trump en sy span het vir die slagoffers van die natuurrampe gebid wat Amerika geteister het en God vir sy beskerming, wysheid en hulp gevra.

Orkaan Irma en Jose het die lewens van miljoene mense in Amerika ontwrig; Miami was hierdie naweek onder water. 

Talle Christene in Amerika het die foto waardeer wat die Wit Huis hierdie naweek vrygestel het; dit wys hoe die kabinet saam bid vir die slagoffers. So ʼn kabinetsbiduur –  met ‘n byna voltallige kabinet wat met gebuigde hoofde tydens ʼn interne vergadering saam bid – het nog nooit in die onlangse Amerikaanse geskiedenis plaasgevind nie.

Donald Trump het verlede week $1 miljoen uit sy eie sak aan hulporganisasies geskenk. ‘n Kwart miljoen is aan die Christelike hulporganisasie, Samaritan’s Purse, geskenk wat gelei word deur Billy Graham se seun, Franklin Graham, gelei word. 

Die Amerikaanse Christene van die Samaritan’s Purse bied ook noodleniging aan St. Martin en het alreeds verskeie vliegtuie met noodleniging gestuur.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.