-deur dr. Arno van Niekerk

12 Oktober 2018

Word deel van die beweging by www.newnationmovement.co.za

(dit neem nie jou stem weg van enige politieke party nie)

Die New Nation Movement is nie ’n nuwe politieke party nie, dis baie meer as dit: dit is ’n ’governance movement’ wat die politieke stelsel wettiglik kan verander.

Dit maak alle Suid-Afrikaners wakker oor hulle goeie grondwetlike reg om leiers self te kies wat hulle in regeringstrukture kan verteenwoordig (sien Afdeling 19(3)b van die Grondwet).

Twee Verslae hieroor is al in die Parlement voorgelê – die Van Zyl-Slabbert Kommissie (2003) en die Motlanthe Verslag (2017). Beide is deur politieke partye opsygeskuif.

Nou skrik ons, die algemene publiek, wakker en vereis dat dit deur die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK) geïmplementeer word sodat leiers in die parlement en openbare sektor deur ons VERANTWOORDBAAR gehou kan word.

Landsburgers se grondwetlike regte móét erken word, anders kan die 2019 Verkiesing as onkonstitusioneel verklaar word. Deur hierdie ‘peoples movement’ is ons as die algemene bevolking besig om onsself te organiseer om in te gryp en ’n einde te bring aan onetiese / korrupte leierskap in die regering en sulke leiers uit te skop.

Dieselfde geld vir die onstabiliteit in die parlement. Ons het die kans om etiese leiers in die parlement en regering aan te stel wat die waardes bevorder wat óns deel.

HOE presies sal dié twee verslae en die toepassing van Afdeling 19(3)b die stelsel verander?

  • Uit die 400 sitplekke in die Parlement gaan 300 deur onafhanklike leiers gevul word, soos gekies deur die landsburgers vanuit hul plaaslike gemeenskappe.
  • m.v. direkte verteenwoordiging sal hierdie 300 lede van die parlement direk aan die mense VERANTWOORDBAAR wees.
  • Die oorblywende 100 sitplekke sal proporsioneel deur die politieke partye gevul word (soos per hul persentasie van die stemme in die verkiesings.

Beide Verslae ondersteun hierdie stelsel wat ons, die mense, nou eis geïmplementeer moet word, ter erkenning van ons grondwetlike regte.

Deur as ’n Beweging te organiseer, kan ons seker maak dat etiese leiers wat vir dieselfde waardes staan (sien ons Bill of Values) tot die parlement en die regering verkies word. Die gevolg is ’n veranderde politieke stelsel op ’n vreedsame en geordende wyse.

Besoek www.newnationmovement.co.za vir meer inligting.

 

www.newnationmovement.co.za

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.