-deur Robin-Lee Francke / Daily Voice

 9 Januarie 2019

Ons polisiemanne en -vroue wend hulle na God vir beskerming terwyl hulle hul lewens waag om ons veiligheid te verseker.

Foto’s wat deur ’n polisiekaptein in Somerset-Wes op sosiale media geplaas is, het soos ’n veldbrand versprei.

Die foto’s wys hoe tien polisielede en een verkeersbeampte saambid voordat hulle aan diens gaan.

Die byskrif by die drie foto’s lui: “Here, ons pleit U bloed oor ons lewens terwyl ons die duisternis aanpak! Laat ons vanaand tot die beste van ons vermoë van diens wees. (Sic) ”

Kaptein Charles Riffel, bevelvoerder van die misdaadvoorkomingseenheid, is al meer as 32 jaar lank in die polisie en sê hy moedig sy lede aan om te bid. “Ons bid altyd . . . op hierdie spesifieke dag het ons die Ligtefees in die omgewing gehad, “sê hy. “Ek het my span aangeraai om nie net vir leiding vir onsself te bid nie, maar ook vir almal daar buite. Ons het toe sommer daar in die pad gestaan en bid.”

Die foto’s het baie Facebook-gebruikers geraak.

George Kruger het geskryf: “Somerset-Wes SAPD maak my regtig so trots om te sê hulle is ons SAPD. Here, bedek hulle onder U bloed en stuur U engele uit die hemel met U beskerming oor elke lid, in Jesus se naam. Amen. (Sic)”

Foto: Polisie- en verkeersbeamptes van Somerset-Wes saam in gebed. Foto: Charles Riffel / Facebook


 

Bron: iol.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.