-deur Jessilyn Justice

2 Julie 2018

Byna 11 dorpe is verlede naweek in Nigerië se Plateau-staat aangeval, wat gelei het tot plaaslike pastore wat pleit vir erkenning van die bloedbad en vir bystand.

Eerw. Gideon Para-Mallam het in ’n onlangse video die bloedvergieting in Nigerië se Plateau-staat veroordeel. Fulani-herders het onlangs begin met ‘n radikale veldtog waarin meer as 200 Christene vermoor is.

Volgens aanvanklike berigte was die dodetal 86, maar plaaslike inwoners sê owerhede vertel leuens daaroor om die ware omvang van die massamoord te verberg.

“Die Plataue-staat is nie net meer ’n slagveld nie, maar het ’n land geword waar riviere van bloed vloei,” sê Para-Mallam in ’n video. Para-Mallam is die streeksekretaris van die International Fellowship of Evangelical Students in Jos, Nigerië. Hy het ook die Citizens Monitoring Group gestig wat met Moslems en Christene in Nigerië saamwerk.

Die bloedbad is weer eens die geskiedenis wat homself herhaal, sê Para-Mallam.


Bron: charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.