-deur Change.org

7 Junie 2018

South African Friends of Israel  het met hierdie petisie aan die Suid-Afrikaanse regering begin:

Petisie aan die Suid-Afrikaanse regering om pogings om die verbreking van bande met die staat Israel te staak en om die Suid-Afrikaanse ambassadeur terug te stuur na Israel.

Ons verklaar hiermee as verteenwoordigers en lede van die burgerlike samelewing, politieke partye, godsdiensinstellings, skole en studentegroepe van alle uithoeke van Suid-Afrika ons ondersteuning vir volgehoue ​​verhoudinge tussen Israel en Suid-Afrika en versoek alle Suid-Afrikaners om daarop aan te dring dat die Suid-Afrikaanse regering nie sy bande met die staat Israel verbreek nie en die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Israel weer aan te stel.

Daar is verskeie belangegroepe, waaronder Hamas, die Palestynse Owerheid, die Arabiese Liga en organisasies soos die BDS (Boycot Divestment and Sanctions movement) wat by die Suid-Afrika regering aandring om bande te verbreek met Israel, terwyl feitlik nie een van hulle enige geloofwaardige oplossing bied behalwe oproepe vir die vernietiging van die staat Israel nie.

Die koers wat die Suid-Afrikaanse regering ingeslaan het, is om verskeie redes gebrekkig en dien nie die belange van die Suid-Afrikaanse bevolking nie. So ’n stap sal in stryd wees met die Suid-Afrikaanse buitelandse beleid wat altyd betrokkenheid by alle partye tot ’n konflik voorstaan. Dit was die afgelope 24 jaar die konsekwente standpunt van die Suid-Afrikaanse regering in alle konflikte in en buite Afrika.

Ons wys verder daarop dat pogings om die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel af te gradeer, ’n uiters negatiewe uitwerking op die Suid-Afrikaanse Christelike gemeenskap sal hê (ongeveer 44 miljoen Christene), wat die oorgrote meerderheid van die pelgrims tot die Heilige Land uitmaak. So ’n stap sal waarskynlik baie nadelig wees vir verhoudinge met Israel en gevolg word deur ’n soortgelyke reaksie deur Israel.

’n Direkte gevolg van so ’n verandering in diplomatieke betrekkinge met Israel sal ook Suid-Afrikaners se grondwetlike regte skend ten opsigte van vryheid van beweging, vrye keuse en geloofsake.

Bykomende implikasies van die verbreking van bande, sluit in die ekonomiese uitwerking van werksverliese, reis en toerisme, en handel en beleggings, wat almal ’n direkte uitwerking op Suid-Afrika en sy mense sal hê.

Ons glo dat Suid-Afrika ’n morele verpligting het om ’n onderhandelde oplossing vir die Israeli-Palestynse konflik te steun en om homself te distansieer van ’n radikale standpunt oor Israel. Hierdie posisie ondermyn net die hoop op ’n onderhandelingsproses en ’n vreedsame uitkoms.

Ons dring daarop aan dat die Suid-Afrikaanse regering nie sy bande met die staat Israel verbreek nie en doen verder ’n beroep op die regering om die Suid-Afrikaanse  ambassadeur in Israel weer aan te stel.


Begin ‘n petisie van jou eie: change.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.