-deur Elza Meyer | Turn2God Ministries

5 April 2018

Hoofnuus vandeesweek is Winnie Mandela se dood. Terwyl ek na ’n nuusberig oor haar lewe geluister het, het ek gehoor dat sy ’n vurige stryder was vir menseregte. Maar ek het ook gehoor dat sy in ’n stadium opdrag gegee het dat sogenaamde informante vanuit ANC-kringe ge-”neckless” moes word [buitebande om hulle nek geplaas moes word en aan die brand gesteek word]. In dieselfde berig is sy beskryf as ’n leier en hoe sy die ANC Vroueliga gelei het totdat sy skuldig bevind is aan bedrog. En ek het gewonder …

Terwyl duisende motoriste ʼn paar dae gelede op die N3 vanaf Durban by die Mooirivier Tol Plaza vir ure lank opgehou is deur ’n protesoptog, waarin voertuie deur ’n handjievol ongelukkige betogers beskadig is, wat gekies het om onskuldige mense se eiendom te beskadig en duisende se tyd te steel, het ek gewonder …

Terwyl ek lees van ʼn vrou in die Oos-Kaap wat die afgelope naweek doodgeskiet is deur twee mans wat voorgegee het dat hulle haar wil help, het ek nogeens gewonder …

Terwyl ek lees van nóg ʼn egpaar in Limpopo wat dood in hul huis aangetref is, het ek gewonder …

Hoe wil God hê dat ons, Sy kinders,  onsself moet gedra wanneer die nuus nie slegs berig wat met vreemdes iewers of elders gebeur het nie, maar wanneer nuus persoonlik raak en ons lewens begin beïnvloed? Hoe is ons veronderstel om te reageer?

Partymaal raak ons omgekrap en wil ons onreg met mag en mening aanspreek en uitroei, maar ons hande word gebind deur ʼn stelsel en sisteem wat sy loop moet neem en baie keer diegene wat ons vas oortuig is wel skuldig is, vry laat wegstap, terwyl slagoffers worstel met die onreg wat hul aangedoen is. Ek wonder …

En dan lees ek Filippense 2:12-13 wat ons aanmoedig om ons heil met vrees en bewing uit te werk, want Gód bewerkstellig in ons die vermoë om volgens Sy wil op te tree op ʼn manier wat Hom vreugde verskaf. En Lukas 21:19 sê dat ons onsself deur ons volharding sal red. Sjoe!

Ek wil graag ʼn anonieme aanhaling met jou deel:  

When faced with a peculiar limitation, Paul wanted God to remove it. This is always our prime response to anything bigger than we can handle. “Take it away from me,” we pray. Of course that happens on occasion, because the Lord ís our Deliverer. Sometimes He sets us free from circumstances, and other times He emancipates us from within the situation. The former is a discharge from the incident itself. The latter is a desire within Him to demonstrate Who He is for us in the event we must face. We seldom mature in God’s Presence by just being set free from everything. We really need to learn how to work out our salvation in awe and delight, because He loves to work in us for His own good pleasure!

Oorwinning terwyl ons worstel.

Vryheid te midde van die omstandighede.

Lewe terwyl dood ons omring!

Wat ʼn vreemde dog heerlike waarheid! Net God kan ons hiertoe in staat stel. Ons moet eers in onsself oorwinning kry oor ons omstandighede, voordat ons die omstandighede kan aanspreek!


Bron: turn2god.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.