-deur Cara Bentley / Premier

19 Junie 2018

’n Kerk in Newport, Engeland wat as gevolg van brandstigting afgebrand het, sê dat hulle steeds die Here loof.

Bethel Gemeenskapskerk was die afgelope naweek een van die slagoffers van ’n brandstigting. Twee mense, ’n 43-jarige man en ’n 36-jarige vrou is in hegtenis geneem oor ’n aanklag van brandstigting. Die vuur het ’n leë nagklub en die kerk in Suid-Wallis afgebrand. (premier.org.uk)

Pastoor Andrew het Cleverly het aan Premier gesê: “Ons is baie hartseer en baie emosioneel. Talle van die gemeentelede het in die parkeerterrein bymekaargekom en gestaan en kyk hoe die kerk tot op die grond afbrand.

“Ons het net daar gestaan, hande gevat en gebid. Ons het die Here aanbid, as jy dit kan glo, want selfs in die hartseer is daar ’n vonk van opwinding dat God ‘n groter plan vir ons almal het.”

Hy het bygevoeg: “Die vers in Romeine sê dat alles ten goede meewerk vir die wat op die Here vertrou en wanneer ons sê “alles”, dan beteken dit die goeie en die slegte. Daarom glo ons dat selfs dít wat die vyand ten kwade bedoel het, God tot ons voordeel kan gebruik. Daarom het ons gestaan en aanbid. Ons voel dat God ’n plan het . . . Ons sal herbou,” het Andrew gesê en verduidelik dat dit op dieselfde terrein kan wees, of elders.

Die gemeente is verskeie terreine aangebied deur ander kerke en sakebedrywe. Andrew het bygevoeg dat hulle baie dankbaar is daarvoor, asook vir almal se gebede.

Bron: premier.org.uk

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.