-deur James Macintyre /  Christian Today

6 Junie 2018

’n Vroulike pastoor is in Swede ontvoer en vermoedelik vermoor.

Lena Wesström (45) het op 15 Mei vermis geraak en ’n lyk is Saterdag in ’n bos naby haar huis in Örebro gevind. Die polisie vermoed dat die lyk dié van Wesström is, volgens die Sweedse verslae.

Die polisie het sedert verlede week ’n beroep op die publiek gedoen vir enige inligting in verband met die saak.

Die pastoor, wat ’n ma is, het nie soos wat op sosiale media berig is, by ’n spesifieke kerk gedien toe sy vermis geraak het nie, maar het namens die nasionale organisasie, Uniting Church in Sweden, met immigrante gewerk.

George Olvik, kommunikasiehoof by Uniting Church in Sweden, het aan Christian Today gesê: “Haar familie het baie ondersteuning nodig en dit is ’n absoluut verskriklike situasie vir hulle. Dit is wonderlik om al die ondersteuning van kerke in Swede te sien wat verenig het om vir hierdie situasie te bid.”

Saterdag het die polisie die beboste gebied naby haar huis gefynkam en die middag ’n lyk in die omgewing gevind.

Plaaslike polisie het op hul webwerf geskryf: “Op grond van die ondersoek … en die liggaam wat gevind is, word vermoed dat dit die liggaam van die vrou is wat sedert 15 Mei vermis is, wat in die beboste gebied gevind is.”

Daar is uiteenlopende berigte oor verdagtes. Volgens een verslag is ’n man in hegtenis geneem, maar weer vrygelaat.

Olvik het aan Christian Today gesê: “Ons vra vir gebed in hierdie moeilike tyd.”


Bron: christiantoday.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.