11 Oktober 2018

Maandag 5 000 Palestyne uit die Gasastrook betoog op die grens met Israel. Hulle het deurgebreek by die Zikit-kibboets, berig Israel Today.

Tydens die gewelddadige betoging het hulle granate en ploftoestelle na die Israelse soldate gegooi. Volgens berigte is elf Palestyne gewond tydens die oproerigheid by die grenspos.

Die Israelse kabinet het hierdie situasie Sondag bespreek. Volgens Israel Today sal Israel nie aarsel om ’n volledige militêre operasie teen die Gasastrook te begin as die situasie langs die grens bly versleg.

Noudat dit lyk asof samesprekings vir versoening tussen Fatah en Hamas misluk het, is Gasa op “die punt om te ontplof” berig Centrum Informatie en Documentatie Israël (CIDI) . Hamas dreig om te “antwoord” as Israel aanhou om teen die demonstrasies en oproerigheid aan die grens op te tree.

Die Hamas-leier, Yahya Sinwar, beweer dat sy beweging nie belangstel in nog ’n oorlog nie.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.