-deur Alyssa Duvall | Hello Christian.com

25 Februarie 2018

Nadat ʼn seuntjie met geweld uit sy ouerhuis ontvoer is deur Noorweegse kinderwelsynsowerhede, is die 12-jarige seun, weer met sy ouers, Leif en Terese Kristiansen, verenig.

Die Kristiansens het Woensdag aangekondig dat hul seun, Kai, weer tuis is, maar onder sekere voorwaardes. Hulle het vroeër besluit om hom tydelik tuis te onderrig nadat hy erg geboelie is by die skool.

“Ons is baie bly dat Kai weer terug by die huis is,” het Leif Kristiansen op Facebook gesê. “Ons kon dit nie sonder die internasionale ondersteuning van ander gedoen het nie. Ons is vir ewig dankbaar.”

Die Kristiansens het verlede week die hoofopskrifte gehaal toe Leif ‘n video op Facebook geplaas het wat wys hoe sy seun deur die polisie en die Barnevernet-agente rondgejaag word, voordat hy uiteindelik soos ‘n misdadiger geduik is daar bo op hom in die sneeu gesit is terwyl sy moeder om hulp roep.

Die Kristiansens sê hulle het Kai uit sy skool verwyder omdat hy geboelie en geteister is. Hulle voer aan dat hulle die korrekte dokumente ingevul het om Kai uit die skool te ontslaan en dat hulle van plan was om hom tydelik tuis te onderrig totdat hulle ‘n gepaste skool gevind het, maar blykbaar was  daar ‘n “misverstand”.

“Hy het nie toestemming gehad om tuis onderrig te word nie, al het ons hulle laat weet en die wet gehoorsaam,” het Kristiansen gesê. “Dit was ‘n misverstand en dit is volgens my ‘n bietjie ekstreem om so ver te gaan.”

Raymond Skorstad, hoof uitvoerende beampte van Barnets Beste, ʼn Noorweegse organisasie wat kinderregte voorstaan, het berig dat die voorwaardes vir Kai se terugkeer behels dat die Kristiansens hul paspoorte tot 3 Mei aan die regering moes oorhandig. Daarbenewens het die paartjie ingestem om voorgeskrewe vergaderings by te woon en dat die skool se sielkundige diens Kai kan help.

Dit is nie ‘n geïsoleerde voorval nie, Noorweë se Barnevernet-agentskap loop gereeld deur onder internasionale kritiek en protes om hy te vinnig of ongeregverdig optree in die verwydering van kinders van ouers.

In nog ʼn geval is vyf kinders verwyder uit die woning van Ruth en Marius Bodnariu, ‘n Roemeense Christen-egpaar wat in Noorweë woon. Dit is gedoen omdat die Bodnariu’s hulle kinders pakslae gegee het om hulle te dissiplineer. Amy Jakobsen, ‘n Amerikaanse moeder wat in Noorweë woon, se kleuterseuntjie is weggeneem omdat sy hom op 19 maande nog geborsvoed het; sy het hom sedert 2014 nie gesien nie.


Lees meer oor  die Jakobsen-geval by delightintruth.com  en hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.