10 November 2017
Solidariteit het vroeër gesê dat die wysigingswetsontwerp op die Skolewet kommerwekkende klousules bevat wat die mag uit die beheerliggaam, personeel en die ouers se hande sal neem en skole volkome onder staatsbeheer sal plaas.

Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder by Solidariteit, voer aan dat ouers In demokratiese reg het om deur middel van beheerliggame besluite oor hul kinders en gemeenskap se skole te neem. Daarom het Solidariteit In platform geskep waar enige lid van die publiek hul beswaar oor die wetsontwerp kan lug en kommentaar kan lewer.

Volgens Redelinghuys het sowat 80 000 mense reeds insette op dié platform gelewer. “Die syfer beklemtoon die kommer wat tans rakende die wetsontwerp heers. Verder is dit ook  In bewys dat die publiek skole as gemeenskapsinstellings ag, en dat die toekoms van skole die publiek na aan die hart lê,” het Redelinghuys gesê.

Solidariteit het gemik om teen 10 November 100 000 insette te hê sodat hy op 13 November al die insette aan die Onderwysdepartement kan oorhandig.


Bron: solidariteit.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.