7 Januarie 2019

Oscar Pistorius hou glo weeklikse Bybelstudie saam met ‘geharde’ gevangenes in die tronk, het sy pa gesê.

Pistorius, ’n voormalige Paralimpiese kampioen, dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, in 2013.

Henke Pistorius het aan The Times gesê dat sy seun, nou 32, ’n verskil maak agter tralies deur saam met ander gevangenes die Bybel te bestudeer.

Ondanks die feit dat Oscar skuldig bevind is aan Steenkamp se moord, sê Henke sy seun was nog ‘altyd ’n ware kind van God.’

Hy het aan die koerant gesê dinge het danksy die weeklikse Bybelvergaderings vir Oscar verbeter. Die Bybelstudie word volgens Henke deur sommige van die mees gevreesde gevangenes in die tronk bygewoon.

“Ek twyfel glad nie dat Oscar die omgewing in die tronk ten goede help verander het nie, hy help om tussen mense te bemiddel en het ‘n positiewe invloed,” het Henke gesê.

“Hy voel dat hy ’n verskil maak aan ander se lewens – om hul lewens betekenis en hoop te gee. As gevolg hiervan het dinge vir hom ook verbeter. Dit is ’n wonderlike storie. 

“Hulle is geharde manne, dié wat probleme veroorsaak in die tronk, maar nou kom hulle een of twee keer per week byeen om die Bybel te bestudeer.”

In April verlede jaar het die hoë hof Oscar se aansoek om verlof tot appèl verwerp.


Foto: Reuters / Siphiwe Sibeko
Artikel bron: www.christiantoday.com

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.