13 April 2019

Deur Arjan Plaisier

Daar is ’n opblaaskerk by Sentraalstasie in Apeldoorn, in Nederland opgerig. Die “kerk” is 18 m lank, 12 m hoog en 8 m breed en is vir die Paastydperk by die Apeldoorn Sentraalstasie opgerig.

Die kerk sal van Woensdag 17 tot 20 April daar staan. Die tema is: “Wat glo Christene oor Paasfees?”

Daar sal verskeie aktiwiteite in die opblaastent plaasvind, insluitend kinderprogramme, formele koek en tee-geleenthede, Bach-kooropvoerings, Paasuitdaging vir jongmense, kreatiewe aktiwiteite en nog baie meer.

As besoekers belangstel en behoefte het om meer te weet oor Christenskap of Paasfees, is personeel teenwoordig om ’n lekker gesprek met hulle te voer. Daar is inligting beskikbaar oor Paasfees, Jesus en die Christelike geloof.

Die opblaaskerk is ’n inisiatief van die PopUpKerk Apeldoorn en word georganiseer deur verskeie kerke in Apeldoorn. Die PopUp Kerk Apeldoorn is ’n manier waarop Apeldoornse kerke die stad met die Evangelie kan verras, vernuwe en verbind.

Meer besonderhede is beskikbaar by www.popupkerkapeldoorn.nl

Foto: Popupkerk Apeldoorn


Bron: christelijknieuws.nl

Click here to KEEP UPDATED on the latest news by subscribing to our FREE weekly newsletter.

 

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.