8 Maart 2018
Die Oos-Kaap se eerste Mighty Men het verlede naweek op Humansdorp plaasgevind.
Eugene Genis, deel van die organiseringspan, het aan Gateway News gesê die span voel geëerd en bevoorreg om as instrumente deur die Here gebruik te word om die grond voor te berei vir die oes van verlore siele.
“Ons het dit aan die einde gesien toe gebroke manne na die Here toe gekom het en herstel, versoen en bevry is uit die kloue van die heerser van hierdie wêreld,” het hy gesê. “Ons sal nooit weet wat die impak van hierdie konferensie op die volgende geslagte sal hê nie. Vaders het na die Here gedraai, hulle seuns  het gevolg en sal self vaders word en hulle eie gesinne lei. Die saad is gesaai, die Here sal die reën stuur en die oes sal volop wees.”
Meer as 1 000 dagbesoekers het elke dag die dienste bygewoon.

Besoek gerus die Mighty Men Eastern Cape se Facebook-blad vir pragtige foto’s en getuienisse van die naweek. https://www.facebook.com/mightymeneasterncape


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.