6 November 2018

Egipte het gister aangekondig dat veiligheidsmagte 19 ekstremiste vegters in ’n skietery gedood het, insluitende die gewapende mans wat vermoedelik sewe Christene vermoor het in ’n aanval op pelgrims op pad na ‘n afgeleë klooster in die woestyn.

Die ministerie van binnelandse sake het gesê die vegters is opgespoor in ’n skuilplek wes van die sentrale Minya-provinsie, waar Vrydag se aanval plaasgevind het. Die vegters het op die veiligheidsmagte begin vuur toe hulle besef hulle skuilplek is ontdek.

’n Groep wat bande met IS het, teiken Christene herhaaldelik, deels oor die Christene se steun vir president Abdel-Fattah el-Sissi.

El-Sissi het in 2013 daarvoor gesorg dat die regering van ’n verkose, maar verdelende Islamitiese president omvergewerp word en El-Sissi voer sedertdien ’n stryd teen duisende Islamitiese ekstremiste en ander aktiviste.

Vrydag se aanval was die tweede in twee jaar waar pelgrims onderweg na die klooster geteiken is. In Mei 2017 is 29 pelgrims vermoor.

Christene vorm sowat 10 persent van Egipte se 100 miljoen mense en het lank gekla dat daar teen hulle gediskrimineer word. Hulle het ‘n mate van beskerming onder el-Sissi gevind.


Bron: cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.