-deur Dale Hurd / CBN News

19 Junie 2018

Toe die Ottomaanse Turke 500 jaar gelede probeer het om Europa binne te val, is hulle gestuit. Vandag het Turkye weer planne vir Europa, maar maak van nuwe metodes gebruik.

Dit word Turkye se vyfde leërafdeling in Europa genoem – ’n groot netwerk van radikale Islamiete, wat in Turkse moskees werk en onder die beheer van Turkye se ambisieuse president, Recep Tayyip Erdogan staan.

Die Oostenrykse regering het sewe moskees gesluit en het onlangs 60 Imams verban omdat hulle onwettig deur die Turkse regering befonds is en omdat foto’s van binne die moskees op die internet opgeduik het wat wys hoe Turkse kinders opgelei word om as martelare te sterf.

Oostenryk se stappe teen die moskees het die regering van Turkye woedend gemaak en president Erdogan het gewaarsku van ’n “komende oorlog tussen die Kruis en die Sekelmaan.”

Die toonaangewende deskundige oor Erdogan se netwerk moskees en Islamitiese verenigings in Europa, die Turkse joernalis Abdullah Bozkurt van die Stockholm-sentrum vir Vryheid, noem hulle Erdogan se vyfde leërafdeling. Hy het met CBN News uit Stockholm, Swede, gepraat.

“Ons het oor die laaste paar jaar ’n toename in aktiwiteit van die Turkse regering se kant gesien om die moskees wat deur die Turkse gemeenskap en die Turkse regering gefinansier is in ’n soort politieke operasie te verander,” het hy gesê.

Daar is ’n geskatte vyf miljoen Turke in Duitsland en miljoene meer in Europa. Bozkurt sê verskeie Islamitiese en liefdadigheidsorganisasies wat deur die Turkse regering bestuur word, is ’n front vir politieke aktiwiteite.

Skokkende foto’s wys hoe Erdogan-ondersteuners en Koerde op die strate in België handgemeen raak. Bozkurt sê Erdogan se netwerk is ’n mag wat sosiale onrus in die strate van Europa kan veroorsaak.

“Dit is in die eerste plek ’n bedreiging vir die Turkse Moslems wat in Europa en ander lande woon, omdat enigiemand wat nie aan hierdie ideologie van hul eie regering deelneem nie, as ’n bedreiging, beskou word, of as verraaiers, onpatrioties of selfs nie as Moslems beskou word nie … as ’n “infidel” – ’n ongelowiges ” Hy het aan CBN gesê.

Bozkurt sê Erdogan se vyfde leërafdeling is ’n troefkaart wat hy kan speel as hy Europa wil tref.


Bron:  cbn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.