-deur INcontext Ministries

8 Maart 2018
Die oorlog in Sirië nader sy agtste jaar (op 15 Maart), sonder enige teken van ‘n einde aan die ellende. Die lynreg teenoorgestelde beskouings van die Siriese oorlog blyk die konflik te laat voortduur, en dis baie moeilik om vas te stel wat die waarheid werklik is.

Daar is oor die afgelope drie weke omvattend verslag gelewer oor die bombardering van Oos-Ghouta, baie soos Oos-Aleppo verlede jaar. Daar was reeds baie burgerlike sterftes en lewensomstandighede in hierdie gebiede het uiterstes bereik. Maar dit blyk dat die Siriese regering ‘n soortgelyke benadering gaan volg as destyds met Aleppo, in ‘n poging om rebelle uit hierdie oorblywende strategiese streek van die hoofstad Damaskus te verdryf.

Bid asseblief saam met ons vir ‘n deurbraak in die Siriese konflik en vir ‘n realistiese oplossing vir die politieke aspirasies van die Siriese mense.

“Hartseer dwing ons om tot God te nader, uit desperate, dringende behoefte. God is nooit nader as wanneer jy hartseer is nie.” (Joni Eareckson Tada)


Bron:  incontextinternational.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.