-deur Abigail Sanchez / Hello Christian.com

19 Januarie 2018

Switserland het nuwe wetgewing oor die “onmenslike” praktyke in die voorbereiding van kreef, spesifiek die praktyk om lewendige krewe in kookwater dompel. Dit het die pro-lewe-gemeenskap ontstel omdat dit wil voorkom of hierdie land se prioriteit die beskerming van die plant- en dierelewe is eerder as menselewens.

Hierdie nuwe wet sal in Maart vanjaar ingestel word. Dit verklaar dat krewe eers dadelik doodgemaak moet word voordat hulle gekook word omdat hulle pyn kan voel. Dit beteken ook dat hierdie diere nie meer in ys vervoer mag word nie, maar eerder in soutwater, aangesien dit beter is vir hulle.

Professor Robert Elwood, wat spesialiseer in ekologie, evolusie, gedrag en omgewingsekonomie by Queens University, Belfast, het Switserland se besluit verwelkom. Hy sê: “Met die inligting tot ons beskikking, weet ons dat die diere waarskynlik pyn verduur. Ons beskerm die voëls en soogdiere, maar tans bied ons baie min beskerming aan skaaldiere – krewe en krappe – en die vraag is, hoekom tref ons hierdie onderskeid? ”

Die nuwe praktyke wat deur die Switserse wet van toepassing is, is te verstane en lofwaardig, maar pro-lewe-ondersteuners is omgekrap  omdat Switserland nie dieselfde  maatreëls tref om die mens se lewe te beskerm nie.

Die belangrikste argumente wat pro-lewe-ondersteuners aanvoer, betrek Switserland se beleid oor ondersteunde selfdood. Luidens Life News, laat Switserland selfdoodtoerisme toe, waar plaaslike inwoners sowel as buitelanders na ‘n genadedoodkliniek kan gaan vir ‘n selfdoodprosedure. Baie kliënte is bejaarde paartjies of siek individue met “goeie” redes waarom hulle hul lewens wil beëindig, maar Life News wys op ‘n geval van ‘n Italiaanse bejaarde vrou wat wanhopig was oor haar vergane skoonheid – beslis nie genoegsame rede is vir so ‘n finale stap nie.

Switserland se oënskynlike voorkeur vir plant- en dierelewe bo dié van ‘n mens, is ontstellend. Life News wys daarop dat die Switserse grondwet verander is om  “die individuele waardigheid van plante” te erken. Dit is na bewering in die akademiese verslag “Die waardigheid van lewende wesens met betrekking tot plante” verdedig. Hierdie verslag verdedig plantlewe tot die uiterstes. Dit sê byvoorbeeld dit is immoreel om ‘n veldblom af te kap ( te “onthoof”) omdat dit op die sellulêre vlak biochemiese ooreenkomste met die mens deel.

Life News noem ook ander uiterste gevalle, soos ‘n prokureur wat ʼn vis verteenwoordig het wat ‘n visserman gedagvaar het omdat hy “te lank geneem het om die vis in te katrol”. Switserland se wet  verbied ook dat ‘n lewende goudvis in die  toilet afspoel mag word.


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.