-deur Brandon Showalter / Christian Post

15 Mei 2018

Die Kanadese provinsie van Ontario laat individue wat daar gebore is nou toe om “manlik” of “vroulik” van hul geboortesertifikate te verwyder of om ’n “nie-binêre” benaming te kies.

NBC News het Woensdag berig dat die eerste bekende nie-binêre geboortesertifikaat  – van iemand wat hulleself nie as manlik of vroulik identifiseer nie –op 4 Mei aan Joshua M. Ferguson uitgereik is, ’n rolprentvervaardiger wat die voornaamwoord “hulle” gebruik. In plaas van “M” of “F”, dui die dokument die geslag aan as  “X”.

Ferguson (35) het aan NBC News gesê dat die nuwe beleid dit duidelik maak dat “nie-binêre mense bestaan,” en het dit as ’n oorwinning beskou.

Verlede somer het Kanada wetgewing aanvaar wat die “X”  as ’n genderopsie op paspoorte toelaat.

“Alle Kanadese behoort veilig te voel om hulself te wees en te leef volgens hul geslagsidentiteit en hul geslag uit te druk soos hulle verkies,” het die kantoor van Ahmed Hussen, minister van immigrasie, vlugtelinge en burgerskap, in ’n verklaring gesê.

“Deur ’n ‘X’-genderopsie in te stel, neem ons ’n belangrike stap in die rigting van die bevordering van gelykheid vir alle Kanadese, ongeag geslagsidentiteit of -uitdrukking.”

Die afgelope somer het ’n baba wat in Kanada gebore is, ’n gesondheidskaart ontvang sonder  ‘n geslagsbenaming  – wat die baba die wêreld se eerste sogenaamde eerste “geslagsvrye” kind maak. Dit het kritiek van evangelis Franklin Graham ontlok. Die kind se ouers het daarop aangedring dat die kind nie ’n geslag deur ’n dokter “toegewys” moes word nie, maar dit self later sou bepaal.

Nie-binêre geboortesertifikate is sedert verlede jaar in drie ander Kanadese provinsies beskikbaar en word toegelaat in Kalifornië, Oregon, Washington, en Washington, D.C.

Byskrif: Foto: Reuters/ Die Kanadese premier, Justin Trudeau,  hys die Pride-vlag by Parliament Hill, Ontario, Kanada.

Bron: nbcnews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.