-deur Marti Pieper

4 Februarie 2019

“Ons wil die vervolgers aanspreeklik hou. Ons moet sorg dat hulle die onkoste dra vir wat hulle doen,” het Frank Gaffney, die president en hoof- uitvoerende beampte van Save the Persecuted Christians tydens ’n onlangse “Charisma Connection”-potgooi gesê.

Hy haal ’n onlangse verslag van Geopende Deure aan wat aandui dat die aantal vervolgde Christene wêreldwyd op 245 miljoen staan – ’n styging van 30 miljoen in vergelyking met statistiek van slegs ’n jaar gelede.

“Maar daar is hoop,” sê Gaffney, deels omdat “ons ’n administrasie het wat op die hoogste vlakke daartoe verbind is om iets omtrent hierdie probleem te doen.”

Luister na die volledige potgooi (charismanews.com) waar Gaffney gelowiges aanspoor om “standpunt in te neem en alles in ons vermoë te doen” in solidariteit met vervolgde gelowiges wêreldwyd.

“Ons kan nie meer swyg terwyl ons broers en susters in Christus oor die hele wêreld vir die Naam van Jesus ly nie.”

In sy onthullende onderhoud vertel Gaffney hoe ons ’n verskil kan maak en die vervolgers aanspreeklik kan hou.

Foto: www.savethepersecutedchristians.org


Bron: charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.