-deur The Gospel Truth Newspaper

19 Mei 2017

President Donald Trump het Saterdag die openingsrede by Liberty University waargeneem. Hy het gesê: “In Amerika aanbid ons nie die regering nie, ons aanbid ons God.” Hy het ook beloof om godsdiensvryheid in die land te beskerm.

Hy het studente aangemoedig om nooit tou op te gooi nie. “Solank ek julle president is, sal iemand julle kan verhoed om julle geloof te beoefen nie,” het Trump by die evangeliese Christelike universiteit in Lynchburg, Virginia, voor ‘n skare van sowat 50 000 mense gesê.

“Amerika was nog altyd die land waar drome bewaarheid word omdat dit ‘n volk van ware gelowiges is, “het die president voortgegaan. “Toe die pelgrims in Plymouth aanland, het hulle gebid. Toe die landsvaders die onafhanklikheidsverklaring skryf, het hulle ons Skepper vier keer aangeroep, want in Amerika aanbid ons nie die regering nie, ons aanbid God.”

Trump het bygevoeg dat dit is waarom verkose amptenare in die Amerika hulle hande op die Bybel plaas en sê: “So help me God,” terwyl hulle die ampseed aflê.

“Dit is hoekom ons geldeenheid trots verklaar:” In God we trust,” en dit is waarom ons met trots verklaar “we are one nation under God” elke keer as ons die belofte van getrouheid aflê. Die verhaal van Amerika is die verhaal van ‘n avontuur wat begin het met diepe geloof en groot drome.”

Die president het studente ook aangemoedig om die woord ‘onmoontlik’ niks meer as motivering te beskou nie.”


Soos gepubliseer in The Christianpost.com.

Bron: thegospeltruthnewspaper.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.