-deur Will Maule | Hello Christian.com

4 September 2017

’n Onderwyser van ʼn laerskool in Indiana het onlangs ’n nota saam met die leerling huis toe gestuur wat die ouers versoek dat hulle kind nie oor “God, Jesus en die duiwel” by die skool moet praat nie. Die onderwyser het die versoek gestuur nadat hy gehoor het hoe vyf graad 1-skoliere met mekaar oor die bestaan van God en die duiwel gedebatteer het.

“Omdat McCordsville Elementary ‘n openbare skool is, word baie verskillende godsdienste en oortuigings hier verteenwoordig, en ek wil nie ‘n kind / ouer ontstel omdat hierdie onderwerpe hier bespreek is nie,” het die onderwyser volgens Christian News aan ouers geskryf. “As julle kerk toe gaan of hierdie dinge tuis bespreek, maak dit asseblief duidelik aan julle kind dat daar ʼn gepaste tyd en plek is om daaroor te praat.”


Bron: hellochristian.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.