10 Maart 2018

Daar gebeur weer eens wonderwerke op die plaas, Wilde Als, waar It’s Time Bloemfontein gehou is en waar Mighty Families oor minder as ’n week sal plaasvind.

Die eienaar van die plaas en voormalige Springbokrugbyspeler, Ollie le Roux het aan Gateway News vertel hoe hulle gras aangeplant het vir die groot speelarea wat vir die kinders voorberei is, maar dat die droogte hulle planne in die wiele begin ry het. 

“Ons het ‘n eenvoudige gebed gebid: ‘Here, dit is vir jou heerlikheid, dis jou land, en dankie, jou wil sal gedoen word,’” het hy vertel.

Die volgende dag het daar 25mm reën in die dorp geval maar net sowat 1mm op sy plaas. Toe hy egter by die area kom waar die gras aangeplant is, was daar tekens dat daar baie reën geval het.

Volgens die berig in Gateway het daar tot soveel as 50mm reën uitsluitlik op die grasgebied geval wat aangeplant is!

“Dit was ongelooflik en het net vir my gewys dat die Here in beheer is,” het Le Roux gesê.

Lees meer oor nog wonderwerke deur hier te klik gatewaynews.co.za

Le Roux is daarvan oortuig dat die beduidende veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het, direk verband hou met It’s Time en selfs voor dit die Mighty Men Konferensies.

“Ek het nog altyd ‘n passie vir die gesin gehad – my gesin is baie belangrik vir my. Mighty Families gaan daaroor dat die gesinne van Suid-Afrika en die familie van Christus saam die verandering te wees wat Suid-Afrika sal seën. As ons as gesinne in Christus kan verenig, sal niks in hierdie wêreld ons kan stuit nie. As God vir jou is, kan niemand teen jou wees nie. 

“Dit moet iewers begin, so ons is senuweeagtig opgewonde omdat die groot dag al nader kom. Ons het nog nooit so iets gedoen nie. Groot wonderwerke het reeds gebeur in die manier waarop God soveel mense saamgebring het wat hul arms oopgemaak het om te help om hierdie visie te laat gebeur. “Kom en wees deel daarvan,” het hy gesê.

Meer inligting oor Mighty Families is beskikbaar by www.mightyfamilies.co.za and www.facebook.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.