-deur Tzippe Barrow / CBN News

5 Junie 2018

Palestynse djihadiste in die Gasastrook het oor die naweek meer as 40 brande gestig deur van brandende vlieërs gebruik te maak.

Hierdie nuutste “tegniek” wat begin het tydens die “Groot Opmars” wat twee maande gelede geloods is, is sedertdien amper daagliks voortgesit. Die “terreurvlieërs” het meer as 350 brande begin wat meer as 7 000 hektaar landbougrond, boorde en natuurreservate afgebrand het en grootskaalse skade aangerig het.

Brandbestryders het die afgelope naweek geswoeg om die brande in die Shokeda- en Simchoni-woude langs die grens met Gasa onder beheer te bring. Die Israelse Natuurbewarings- en Parkeraadowerhede het gesê die brand het ’n derde van die Karmiya-natuurreservaat verwoes –  75 hektaar van die 275 hektaar. Dit brandbestryders bykans die hele dag geneem om die reusevlamme onder beheer te bring, selfs met die hulp van brandbestrydingsvliegtuie.

Die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, het Sondagaand beveel dat geld teruggehou moet word van belasting wat aan die Palestynse Owerheid oorgedra word. Daardie fondse sal nou gebruik word om boere en gemeenskappe te vergoed wat verliese gely het weens die brande.

Oor die naweek het terroriste daarin geslaag om Israel drie keer te infiltreer. Een groep het  konstruksietoerusting aan die brand gesteek voordat hulle teruggevlug het oor die grens na Gasa.

Die IDF probeer verskillende maniere om die vuurvlieërs  te bestry en gebruik dieselfde tegnieke wat gebruik word om vuurpylaanvalle te bestry. Onbemande hommeltuie het ook ’n paar keer sukses behaal om die vlieërs  te vernietig.

Palestyne gedenk vandag,  Dinsdag 5 Junie,  die Naksa (Arabies vir “terugslag”) toe Jerusalem gedurende die Sesdaagse Oorlog onder Israel se soewereiniteit gekom het. Die Palestyne het onlangs  die Nakba, die “katastrofe”, op 14 Mei gehou wat die vestiging van die moderne staat van Israel in herinnering roep.

Byskrif: Foto: Terreurvlieërs veroorsaak grootskaalse brande in Suid-Israel /JNF / via CBN Nuus


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.