10 Februarie 2018

Tygerberg104FM en Samaritan’s Feet se besonderse terug-skooltoe Projek #Voete100 het Maandag op ʼn hoogtepunt geëindig!

Die span het alreeds in November 2017, R50 000 ingesamel te danke aan die ondersteuning van die Tygerberg104FM luisteraars en in samewerking met die Blitzbokke.

14 Laerskole is geïdentifiseer en as ‘n span met vrywilligers aan hul sy, is die skole die afgelope tien dae van Maandag 22 Januarie 2018 tot Vrydag 2 Februarie 2018 bedien met nuwe skoolskoene, gebed, liefde en baie hoop

Die skole was:

  • Laerskool Matroosberg – Belhar;
  • Riebeeckstraat Primary – Belhar;
  • Laerskool Winsley – Bellville Suid;
  • Laerskool Bellville Suid – Bellville;
  • Laerskool Riverton –Bishop Lavis;
  • Laerskool Greenland – Bishop Lavis;
  • Disa Primary – Bonteheuwel;
  • Rosewood Primary – Bonteheuwel;
  • Protea Primary – Bonteheuwel;
  • Laerskool Boundary – Bonteheuwel;
  • Laerskool Northway – Ravensmead;
  • Uitsig Laerskool – Uitsig
  • Sentinel Primary – Hangberg. 

JOY! en JUIG! het 100 skoene geborg en ook vir Tygerberg 104fm en Samaritan’s Feet gehelp met hierdie projek by die Riebeeckstraat Laerskool in Belhar. Vir talle van die JUIG!-spanlede was dit die eerste keer dat hulle in Belhar was en ’n kykie gekry het in die lewe van kinders uit die gemeenskap.

Baie van die kleiner kindertjies was oorbluf en het net met groot oë geluister terwyl hulle voetjies gewas en nuwe skoene aangepas is. Hier en daar het ’n seer toon ook sommer ’n pleister gekry en daar is vir baie van die jongspan ook gebid. Een jongman het spontaan self die hele Psalm 23 uit sy kop opgesê!

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.