3 Februarie 2018

Theuns Pauw, saam met sy vrou, Charlene, en kinders, van links, Christiaan, Reinhart en Ester.

African Enterprise (AE) het ʼn nuwe leier aan die stuur van sake. Theuns Pauw is reeds vir ses maande die nuwe leier van die bediening wat in 1961 deur Michael Cassidy gestig is. Theuns het van  Franschhoek, waar hy die leraar by die Shofar Kerk was, na AE gekom. 

Sy vrou, Charlene Pauw, het ook ‘n lang geskiedenis met African Enterprise. Sy is as ‘n jong meisie, terwyl sy nog op skool was, deur Michael en Carol Cassidy in hulle huis na die Here gelei. Theuns en Charlene het albei ‘n sterk roeping gevoel en is baie opgewonde oor die nuwe reis waarop die Here hulle neem.

“Ons is regtig dankbaar vir hierdie voorreg om deel van die AE-familie te word, en ek sien uit na die geleentheid om meer by gesoute evangeliste te leer. Ek eer die baie manne en vroue van God wat gehelp het om AE te vestig en te bou, maar veral Michael en Carol Cassidy, vir hul geloof, harde werk en gehoorsaamheid aan die Here,” het Theuns gesê. 

Michael Cassidy is opgewonde oor hierdie nuwe aanstelling en loof Theuns as die nuwe leier: “Ek dank die Here vir Theuns se diep wete dat hy geroep is vir die pos, vir sy passie vir evangelisasie, sy toewyding aan dissipelskap, geestelikheid en opleiding, sy administratiewe en finansiële vaardighede, asook sy ervaring van die Persoon en gawes van die Heilige Gees. Al hierdie dinge sal ons AE-Suid-Afrikaanse span versterk. Hou asseblief vir Theuns, Charlene en hulle kinders in u gebede,” het Michael Cassidy gesê.

Ontvang gerus die AE-nuusbrief ter ondersteuning van die span. Stuur jou besonderhede na aesa@ae.org.za .


Bron: gatewaynews.co.za

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.