-deur ANP

19 April 2017

Noord-Korea is voorbereid op elke vorm van oorlog as Amerika besluit om ‘n voorkomende aanval op die kommunistiese land te loods. Dit het die Noord-Koreaanse vise-ambassadeur, Kim In-Ryong, Maandag by die Verenigde Nasies gesê.

“As die Amerikaners militêr ingryp, sal Noord-Korea die ergste moontlike reaksie teen hierdie provokateurs laat geld. “Ons is gereed om op elke moontlike manier van oorlogvoering van Amerika te reageer,” het Kim In-Ryong gesê. Hy het voorts gesê Amerika is ten volle verantwoordelik vir die rampspoedige gevolge van sy” idiotiese dade “.

Noord-Korea gaan voort met die lansering van toetsmissiele, ten spyte van die toenemende spanning wat dit met Amerika veroorsaak. Han Song-ryol, die minister van buitelandse sake het ook Maandag tydens ‘n onderhoud met die BBC gesê: “Ons gaan nog toetse doen; weekliks, maandeliks en jaarliks.” As Amerika besluit om militêr op te tree, sal dit tot ʼn “volslae oorlog” lei.

Die Amerikaanse visepresident, Mike Pence, het Maandag reeds verklaar Amerika se geduld met Noord-Korea is op. “Die era van strategiese geduld is verby.”

Pence het die mislukte lansering van ‘n missiel deur Noord-Korea as uittarting bestempel. Hy het gesê Amerika en sy bondgenote wil die streek “op ‘n vreedsame manier, of uiteindelik met alle nodige hulpbronne” stabiliseer.

Byskrif: Foto: beeld AFP


Bron: rd.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.