-deur De Stentor | RTV East | NOS

23 Augustus 2017

Vandale het verlede week ‘n kerk in Zwolle, Nederland, met antichristelike slagspeuke beklad.

Die graffiti is op ‘n kerk in Zwolle, ook bekend as die Pepperbus-kerk, aangebring. Die slagspreuke is nie duidelik leesbaar nie, maar die woord ‘lucifer’, met verwysing na die duiwel, is wel gebruik.

Daar is ook ’n logo van die Amsterdamse hiphopgroep, Osdorp Posse, met sataniese tekens om dit, te sien.

Gemeentelede is geskok en een van die kerkgangers het gesê hy voel bedreig. “Hoe veilig is ons nog met ons oop kerke? Daar is blykbaar mense wat  ons leed wil aandoen…”

Die vandalisme is ongelukkig nie deur sekuriteitskameras van die munisipaliteit vasgelê nie.

Voormalige Osdorp Posse-bestuurder, Marco Moolhuizen, het hom van die gebruik van die logo en die beskadiging van die  Peperbuskerk gedistansieer.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.