8 Februarie 2019
– deur Jeffrey Schipper

’n Uiters skaars Bybel is in Turkye gevind. Die Bybel het slegs 34 bladsye en is ongeveer 1 200 jaar oud, berig Christian Today.

Die Bybel is in ’n baie swak toestand, maar goue letters kan nog op die bladsye uitgemaak word. Die kruisversierings kan ook nog gesien word. Die Bybel is deur ’n antismokkelspan ontdek.

Ses mense is in hegtenis geneem vir die besit van die Bybel, drie van hulle is aangekla omdat hulle probeer het om die Bybel te verkoop. Daar is geen bykomende inligting oor die Bybel verskaf nie. 

Verlede jaar is ’n seëlring wat 2 000 jaar oud is, ontdek. Die letters op die ring het die naam, Pilatus, in Griekse letters uitgespel.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.