-deur Billy Hallowell

12 Augustus 2017

Amerikaanse polisiebeampte, Martha Ruth Lohnes, het onlangs ‘n roerende Facebook-boodskap oor Priscilla, ‘n hawelose vrou geskryf wat aan ʼn geestesiekte ly en elke dag op ‘n stukkende ou stoel onder ‘n brug sit

In haar boodskap het Lohnes verduidelik dat, ten spyte van Priscilla se onvoorspelbare opmerkings teenoor haar (sy moes Priscilla herhaaldelik vra om haar nie die B-woord te noem nie),  het die twee ‘n vriendskap gevorm. Lohnes besoek  die hawelose vrou twee keer per week.

“Ek loer gereeld by haar in omdat sy ‘n infeksie aan haar voet het. Die wond vrot en dit is gedurig vuil,” het Lohnes geskryf. “Sy weier om hospitaal toe te gaan, alhoewel ek al verskeie kere vir haar ‘n ambulans ontbied het. Ek het haar gesmeek om my toe te laat om haar hospitaal toe te neem, maar sy is so koppig en ek kan haar nie dwing nie.”

Die polisiebeampte het Priscilla onlangs van ʼn antibakteriële sproei voorsien sodat sy die voet kan skoon hou. Sy het haar ook van kos voorsien. Lohnes het gesê die vrou was so bang dat die sproei gaan brand, dat sy gehuil het; Lohnes het dit toe vir haar gedoen.

Dit is hier waar die Facebook-boodskap ‘n wending neem:

But as I was kneeling there cleaning her foot…I couldn’t help but think of the song ‘Who will be Jesus to her’. Sometimes it feels as if the whole world is against my blue family. We are hated and wished to be dead. We are called racist murderers, robots, and pigs. Yet, out of the public’s eye…..we get on our knees in the dirt to show love by washing the feet of those others would reject. Moments like these are the reason I am so passionate about what I do. I have never felt closer to Jesus than when I don my uniform and serve those who just need to be loved on. God put me on this earth to be a police officer. And though we are despised and rejected, my heart remains at peace, because I know I’m doing God’s work. As is every man and woman I proudly serve beside. This is the side of police work you don’t see. This is our every day shift. Don’t forget that we are human, and we are called to serve as well as protect.

In ‘n opdatering van die oorspronklike boodskap, het Lohnes gesê sy het later uitgevind dat plaaslike nooddienstewerkers van Charleston County Priscilla ook die afgelope maand besoek het.

“Hulle bied haar beter mediese sorg as wat ek kan. Hulle voed haar ook en verskaf klere aan haar, “het Lohnes geskryf. “Ek weet nie presies wie almal vir haar sorg nie, maar hulle is diegene wat die erkenning verdien. Hulle weerspieël Jesus en moet honderd keer meer as ek bedank word. ”

Byskrif: Foto: Martha Ruth Lohnes


Bron: faithwire.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.