16 Maart 2017
– deur Joris Nieuwint

Die video, geneem deur die hommeltuig, behoort aan die BBC en toon hoe die Auschwitz-Birkenau-konsentrasiekamp vandag daarna uitsien – meer as 70 jaar nadat dit deur Sowjet-soldate bevry is. Die kamp in Pole word in stand gehou as ‘n Wêrelderfenisterrein en duisende toeriste en oorlewendes besoek dit elke jaar.

Auschwitz was die grootste konsentrasiekamp wat deur Nazi-Duitsland opgerig is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Meer as ‘n miljoen mense – die meeste van hulle Jode – is daar vermoor tussen 1940 (toe dit gebou is) en 1945 (toe die Sowjet-weermag die gevangenes bevry het).

In hierdie video sal jy die volgende sien:

  • Treinspore wat na Auschwitz-Birkenau lei – die treine vol slagoffers van regoor besette Europa het tussen 1942 en die somer van 1944 daagliks by die kamp aangekom.
  • Die ruïnes van die houthutte op Birkenau – Birkenau (of Auschwitz II), wat in 1941 uitsluitlik opgerig is as ‘n doodskamp. Die houthutte is almal nou net ruïnes met net die baksteenkaggels en skoorstene wat oorgebly het.
  • Die ingang van Auschwitz I – Die smeeysterteken bo-oor die ingang met die berugte woorde: “Arbeit Macht Frei” – “Werk maak jou vry”.
  • Auschwitz I – Eers was hierdie baksteengebou die Poolse leër se barakke wat toe vir hierdie bose doel omskep is nadat die besetting van Pole.
  • Die binnehof tussen blokke 10 en 11 by Auschwitz I – Gevangenes het Blok 11, “die blok van die dood” genoem omdat teregstellings tussen Blok 10 en Blok 11 plaasgevind het. Die pale in die agterplaas is gebruik om gevangenes vir ure lank, met toue om hulle polse, daar op te hang – soms selfs vir dae lank.


Bron: www.warhistoryonline.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.