-deur Asher Intrater | Charisma News

12 Mei 2018

Gebed is so belangrik dat dit blykbaar die primêre taak is waartoe Christus homself oor die afgelope 2 000 jaar verbind het.

Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.” – Hebreërs 7:25.

“Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.” – Romeine 8:34.

Daarom, wanneer ons bid onder leiding van die Gees van God, bid ons eintlik saam met Christus en tree saam met Hom in terwyl Hy vir ons voorbidding doen. Hierdie gebedsvennootskap met Christus dra baie vrug vir die Koninkryk van God. Dit aktiveer al die magte van die Hemel en aarde met strategiese doeltreffendheid.

Onlangs het ons gevoel dat die Heilige Gees ons lei om ons gebede op vyf strategiese gebiede te fokus en vra jou om saam met ons in voorbidding te doen.

Dringende Internasionale Gebede

  1. Koreaanse Kernwapens: Kim Jun Um het belowe om Noord-Korea se kernwapens te ontwapen en -navorsing te staak en om die Koreaanse skiereiland te demilitariseer. As dit ’n valse belofte is, kan die situasie versleg. As dit waar is, kan ’n nuwe era van vrede moontlik op hande wees. Kom ons bid vir onmiddellike en volle ontwapening.
  2. Trump: Ongeag of ’n mens met Trump se beleid of styl saamstem; hy is vandag die invloedrykste politieke leier ter wêreld. Ons moet bid dat God sy gedagtes, dit wat hy sê, besluite en vennootskappe sal lei en rig. Wat Trump besluit, het ’n domino-effek op ander nasies.
  3. Media: Die potensiële vrede in Korea en die daaropvolgende veranderinge in ander nasies word ook nie net beïnvloed deur die feite nie, maar hoe daaroor in die nuus en op sosiale media berig word. Kom ons bid vir regverdige beriggewing en vir ’n positiewe verandering in die openbare mening; in Asië, die Weste en die Midde-Ooste.
  4. Ambassade in Jerusalem: Die Verenigde State beplan om oor twee weke sy nuwe ambassade in Jerusalem in te wy. Verskeie ander nasies het reeds aangekondig dat hulle ook hulle ambassades gaan skuif. Dit begin ’n nuwe stadium in die omstredenheid oor Jerusalem, soos geprofeteer is in Sagaria 12:2-3 en skuif ons dus al nader aan die eindtyd.
  5. 70-Jaar Belyning: In 1948-49, ná die Tweede Wêreldoorlog, was daar ’n hersiening van die nasionale grense. Die bondgenootskappe tussen nasies het gedurende al hierdie jare steeds in werking gebly. Ons sien egter nou die begin van nuwe bondgenootskappe ná hierdie tydperk van 70 jaar. Selfs die Arabiese lande soos Egipte en Saoedi-Arabië heroorweeg hul verhouding met Israel.

Byskrif: (Pixabay / amwest97)


Bron: charismanews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.