-deur: Will Maule: Faithwire.com

11 September 2018

(Verenigde Koninkryk) – [Faithwire.com] Die evangelis en seun van wyle Billy Graham, Franklin Graham, gaan vandeesmaand na die Verenigde Koninkryk vir ’n uitreikaksie by die noordelike Engelse dorp, Blackpool. ’n Toonaangewende Britse Moslem-organisasie het egter ’n beroep op binnelandse sake gedoen om Graham se aansoek vir ’n visa af te keur omdat die groep hom as “Islamofobies en homofobies” beskou.

Die Muslim Council of Britian (MCB), tesame met drie parlementslede, doen ’n beroep op binnelandse sake om visums te weier op grond van die reëls oor “haatspraak”.

“In die verlede het die regering individue verbied wie se optrede “nie in openbare belang is nie”. Mnr. Graham se opmerkings is op rekord en onthul duidelik ’n haat vir Moslems en ander minderhede,” het die MCB volgens ’n verklaring gesê.

“Ons verwag dat die regering sy kriteria hier sal toepas en as hulle versuim om dit te doen, sal dit ’n duidelike boodskap stuur dat die regering nie konsekwent optree teen oortreders nie.”

In Julie het die dorp se plaaslike busmaatskappy, Blackpool Transport advertensies verbied wat die Evangelie-geleentheid bevorder het en bygevoeg dat dit nie “in ooreenstemming is met ons maatskappy se waardes nie.”

Die plaaslike politikus, Maria Kirkland, het met betrekking tot Graham se predikingbesoek gesê sy is bereid om die kontrak met die Billy Graham Evangelistic Association te verbreek, “indien voorvalle onder hulle aandag gebring word wat as aanhitsing tot haat beskryf kan word.”

Die Anglikaanse biskop van Blackburn, Julian Henderson, wie se bisdom Blackpool insluit, het gesê hy is “neutraal” oor Graham se besoek. “Ek wil dit duidelik stel . . . Ek ondersteun nie enige vorm van haatspraak nie, insluitend die taal van Islamofobie, ‘Christianofobia’ of homofobie,” het hy gesê. “Daar is ’n verskil tussen haatspraak en om ’n standpunt te huldig wat van ander verskil.” Binne die Christelike etiek is daar geen ruimte om ander te haat nie en ek verdedig nie die gebruik van sulke taal nie. ”

Fiyaz Mughal, die stigter van Tell Mama, ’n anti-Islamafobie-groep, het gesê Graham se siening was “regressief” en het gesê hy is geskok dat die leraar hoegenaamd enige platform in Engeland gegee word. Die Arbeiders Party se LP vir Blackpool-Suid, Gordon Marsden, het gesê hy sal aan Sajid Javid, die minister van binnelandse sake skryf om druk uit te oefen dat Graham van Britse oewers verban word.

Foto: via BillyGraham.org


Bron: breakingchristiannews.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.