-deur CIP.nl

29 Augustus 2017

Christen-huiskerke is gewild onder jong Iraniërs in konserwatiewe godsdienstige stede. Moslem-geesteliks uit Iran het hulle kommer uitgespreek oor hierdie ‘buitelandse invloed’.

ʼn Belangrike geestelike, Ayatollah Alavi Boroujerdi, het onlangs die volgende oor die groei van die Christendom gesê: “Goednagevorste verslae rapporteer dat die jeug in die stad, Qom, Christene word en huiskerke bywoon.” Qom is ʼn bekende Islamitiese heiligdom.

Verlede jaar het hy iets soortgelyk oor die stad, Mashhad, gesê. Hierdie stad is ‘n pelgrimsoord vir die Sjiïtiese Moslems. Boroujerdi: “Ek is baie bekommerd oor die gewildheid van die Christendom in die voorstede van Mashhad.” Kort ná sy uitspraak het die stad ‘n groot aantal Islamitiese onderwysers en predikers na hierdie wyk gestuur om die jeug terug te wen.

Kiaa Aalipour, van die menseregteorganisasie, Article 18, verduidelik: “Die Iranse regering sien Moslems wat Christene word as ‘n konstante bedreiging vir die Islamitiese identiteit van die Islamitiese Republiek van Iran. Die regime is baie bang vir die groei van die Kerk. As Iraniërs toenemend die Christendom aanneem, sal die bestaan ​​van die regime, gebaseer op Islamitiese leer, verlore gaan. ”

Die regering gaan voort om Islam onder jongmense te bevorder. Dit oefen ook druk uit op bekeerde Moslems deur hulle te mishandel en in hegtenis te neem. Tog hou jongmense aan om hulle na die Christendom te bekeer en is hulle bereid om die gevolge hiervan te dra.

Daar is ongeveer 800 000 Christene in Iran.


Bron: cip.nl

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.