-deur Veronica Neffinger

19 April 2017

Christene in Australië staar toenemend vervolging in die gesig en word veral geteiken deur Moslem-bendes.

CBN News berig dat ‘n Grieks-Ortodokse Christen-man onlangs geteiken is omdat hy ‘n hangertjie met ʼn kruis gehad het.

‘n Groep Moslems het die man en sy vriendin glo gestop en die hangertjie van sy nek afgeruk en dit vertrap. Hulle het toe die man geskop en geslaan. Toe sy vriendin probeer ingryp, is sy na bewering ook geslaan en geskop deur Moslem-vroue wat deel van die groep was.

Die man het gesê sy aanvallers was van “Midde-oosterse voorkoms” en dat hulle na “Allah” verwys het en die Naam van Jesus gelaster het.

Die man het ook beweer dat vyf spoorwegbeamptes die aanval sien gebeur het, maar niks gedoen het om te help nie. Die Vervoerdiens het egter verklaar hulle werknemers is nie gemagtig om in die geval van ‘n aanval op te tree nie.

Baptistepastoor, George Capsis, sê hierdie aanval is rede tot kommer vir die Australiese Christene. Capsis het daarop gewys dat dit die vierde soortgelyke aanval op Christene in Sydney is oor die afgelope ses maande.

Christene is gewaarsku teen die vertoon van Christelike simbole soos kruise in gebiede wat grotendeels Moslem is.


Bron: christianheadlines.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.