-deur Jericho Walls

4 Augustus 2017

Die situasie in Suid-Afrika is op ‘n mespunt. ‘n Mosie van wantroue is teen president Jacob Zuma ingedien. Ongeag of ‘n geheime stemming oor hierdie mosie in die parlement op 8 Augustus 2017 toegelaat sal word of nie, sal sommige individue ongelukkig wees en hulle wend tot protesoptrede wat tot geweld kan oorgaan. Kom ons verenig in gebed en vra God om genade vir die nasie te hê. Kom ons bid vir God se plan en doel vir die nasie om te oorwin; dat Hy Suid-Afrikaners se gewete, en veral dié van regeringsleiers sal wakker maak.

Oorweeg dit om via WhatsApp by ons aan te sluit vir ‘n 4-dae gebedswaak . Stuur ‘n WhatsApp-boodskap na + 27-81 716 1203 met jou naam en van en ons sal jou by Jericho Walls se WhatsApp- gebedsgroep insluit. Jy sal vir die volgende vier dae (van 4 Augustus tot 8 Augustus) daaglikse gebedspunte ontvang.


Bron: jwipn.com

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.