-deur United with Israel

10 April 2018

“Die Joodse staat is moreel verplig om nie te swyg nie en moet werk daarvan maak om die massamoord van burgerlikes in Sirië deur Assad-regime te stop,” het die hoofrabbi van Israel, Yitzchak Yosef gesê.

Dit volg op ’n vermeende gifgasaanval in Douma verlede Saterdag deur Assad se magte waartydens sowat 200 mense vermoor en meer as 1 000 beseer is. Douma is die laaste oorblywende vesting vir Siriese rebelle in die oostelike voorstede van Damaskus.

“Ek het in die verlede gesê en ek sal dit weer herhaal: Wat in Sirië gebeur, is ’n volksmoord van vroue en kinders op die wreedste manier – met behulp van massavernietigingwapens. Israel het ‘n morele verpligting om hierdie bloedbad te probeer stuit,” het Yosef in ‘n verklaring gesê.

President Donald Trump het ook belowe dat daar ‘n “groot prys te betaal” is vir die vermeende chemiese aanval.


Bron: unitedwithisrael.org

Return to Home

Gee Jou Mening


Deur aan te teken, gee jy toestemming om ons insiggewende weeklikse nuusbrief te ontvang.
Jy kan te enige tyd kies om dit te kanselleer.